Vrees en pyn wat vernietig


Die soeke na eiegeregtigheid en eer bring net vernietiging. Die mens is nie geskape vir eer en heerlikheid nie, maar om die eer en heerlikheid van God uit te lewe. Ons kan nooit onsself red nie, of ons eie pyn en vrees verstaan of oplos nie – diè eer behoort aan Hom! (Jesaja 61:1-3.)

Ons moet leer om die totaliteit van die lewe raak te sien. Ons is geneig om te dink dat ons moet skaam wees vir ons wonde en littekens, of is selfs bang daarvoor. Hierdie is eintlik ‘n groot misverstand wat gelei het tot wan indrukke soos die wat genees is moet sonder wonde en littekens wees – maar is jy dan menslik?

Plastiek is dan die resultaat van hierdie verdraaide denkwyses…

Daar is selfs musikante en ‘bands’ wat liedjies hieroor geskryf het:
Don Francisco – Plastic smiles and Faces…
Casting Crowns – Happy Plastic people under plastic steeples with walls around our weaknesses and smiles to hide our pain…

“God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.”
(Johannes 4:24.)

“Waarheid” hier beteken om eg te wees (true to yourself).

“En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”
(Romeine 12:2.)

“Geliefde, ek bid dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan”
(3 Johannes 1:2.)

(Having a prosperous journey, succeeding in reaching wholesomeness)

Ek moet erken, hierdie is dalk moeilik om te sluk, maar die realiteit van die lewe gil dit uit daagliks! Jesus het self ook hierdie pad van lyding gestap, die wonde van menslikheid ontvang en is later dood as gevolg daarvan. Gewond en gebroke het Hy Homself op die hemelse-altaar geplaas vir ons sondes… terug gekeer in prag en heerlikheid in Sy verheerlikte liggaam. Hy roep toe vir Thomas en sê: “… kom steek jou vinger hierin en jou hand hierin…”

“…Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het.”
(Hebreërs. 5:8.)

“Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing.”
(Filippense.2:12.)

“Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.”
(Jacobus 1:21.)

Dus is wonde en littekens deel van die lewe, as dit nie so was nie sou Jesus Christus mos sonder dit terug gekeer het. Wonde en littekens moet dus nie gevrees word nie ook hoef jy nie skaam te wees daaroor nie – wonde is ontvang, maar littekens groei… Die wonde genees soos ons hierdie pad van herstel en vernuwing stap, maar die littekens bly agter as ‘n getuienis van ons lewens, oorwinning en krag – nou gaan dus en wees ‘n getuienis.

Ek sluit af met die woorde van Job: “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien.” (Job 42:5.). Sjoe, dink net aan alles wat Job deurgegaan het, die wonde wat hy ontvang het, maar op die ou end het hy God gevind in die littekens…

Ek weet dat daar baie seer en pyn in elkeen van ons se lewens is en dat dit ons selfgeregtig en selfsugtig maak. Ons lewe net vir ons eie koninkryk. Ons baklei en veg om ons stem te laat hoor en probeer so ons eie seer, pyn en vrees gesond te maak. As elkeen van ons na Hom toe gaan en dit wat ons van binne af op vreet aan Hom gee en vertrou dat Hy die genesing bring vind ons daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan en ons ontdek Hom, wie Hy werklik is…

Dit is wanneer ons ontdek dat liefde alles bedek (1 Korinthiërs.13:7)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s