My kind,
Jy is Myne; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie. Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand. Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat jou siel hom in vettigheid verlustig. Neig jou oor en kom na My toe, luister, en jou siel sal lewe;
(Jesaja 41:9-10 en 55:2-3.)