Ervarings en belewenisse


Ek dink dat elke een van ons se lewens baie beïnvloed is deur al die “dinge” wat ons deurgegaan het. Daar is nie ‘n vergelyking wat gemaak kan word nie, maar tog kan ons in sekere ervarings deel. Dit is nooit 100% die selfde nie, maar ons vind wel ooreenkomste.

Ons word gevorm deur dit wat ons deurgemaak het, maar ook deur dit wat ons in ons lewens toelaat. Sekere ervarings sal ons as dit ons keuse was eerder wou mis as om dit deur te maak, of dalk is daar iets wat ons graag sou wou beleef het maar kon nie.

Dus is daar teleurstellings en herinneringe wat deel van elkeen van ons is, maar wat maak ons met dit? Van hierdie dinge soos hartseer en vrese kan te swaar word en ons lewens bederf en ander kan weer so wonderlik wees dat ons deur die lewe met vreugde gaan. Dit is wonderlik om elke dag met vreugde aan te pak, maar die van ons wat dit nie kan doen nie trek baie swaar… Daarom sê ek Kies dan lewe!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s