Hardloop jy die “Rotresies”?


Die gejaag om te oorleef in ‘n samelewing wat net al vinniger en vinniger versnel. Om met alles by te hou moet jy bly hardloop, meer geld verdien en altyd hoër strewe. Tegnologie verander met so ‘n pas dat elke paar jaar moet nuwe dinge aangekoop word, alles word duurder en die mens moet tog altyd verbeter en vooruitgaan…

maar hoekom dan die “Rotresies” – ek is tog nie ‘n rot nie!

Ek het besluit, omdat ek nie ‘n rot is nie, om nie deel te neem aan die “Rotresies” nie. Ja, dit het baie gevolge, goed en sleg, maar die gejaag na “wind” is nou verby. Ek het meer tyd om op dit wat belangrik is te spandeer omdat ek nie net wil oorleef of so wil lewe dat lewens standaard elke 6 maande verhoog nie, maar dat ek kan lewe met ‘n doel.

Ek het net een doel voor oë en dit is om suksesvol te wees! Ek meet nie sukses volgens ander se standaarde nie maar standaarde wat ek vir myself het. Hierdie standaard sê vir my dat sukses is om in Hom gevind te word. Soos Paulus gesê het:

…in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons…
(Handelinge 17:28)

Sy woord word bo alles gestel en ek moet net leer om gehoorsaam te wees.

2 thoughts on “Hardloop jy die “Rotresies”?”

  1. as ons maar net uit hierdie gejaagde lewe kan kom, of net so nou en dan kan ontsnap

    Like

  2. Lewe..

    Ek het ‘n vennoot gehad wat altyd die volgende uitdrukking gebruik het…

    “I joined the rat race… and the rats won…”

    (Phi 3:14) Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s