Die langpad…


Ek was hierdie naweek by ‘n troue op Musina…
Dit was ‘n lang pad gewees met pragtige natuurskoon en uitroepe van drome en herinneringe…

Ek was diep verlore in die samevloei van herinneringe en verlange. Die oop vlaktes en dan die berge het my weggevoer tussen die groen glans en smarag beelde soos ‘n arend wat afduik en tussen die bome en plant verdwyn. Sag is die groen wat my omvou soos ‘n moskombers en dan… hard en koud is die kristal van smarag wat teen my druk en plek plek diep deur die vel sny… ‘n rooi druppel bloed wat stadig teen die koue smarag af loop en dan effens verbruin en verdroog soos die lewe daaruit verdwyn…

Drome en verlange wat saamgesmelt verander in die verfkwas van Pierneef soos die kunswerke voor my elke detail uitbasuin!

Dit is dan al wat oorbly – die rus en vrede wat net hier gevind kan word, in die asemrowende prag van Sy handewerk…

En dit alles word meer as net die moeite werd, hierdie langpad van my.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s