Mighty Men Conference


Click here for more information on Mighty Men Conference 2008

Ons was die naweek op die plaas ‘Shalom‘ naby Greytown. Dit is die plaas van Angus Buchan – soos in die film ‘Faith Like Potatoes

“Mighty Men” in die Bybel word in Afrikaans vertaal as “Dapper Helde”. Die Konferensie was bygewoon deur meer as 7000 mans. Ons het Vrydag aand daar arriveer en ons aangesluit by die duisende mans wat reeds besig was om God te aanbid, te loof en te prys.

Die Tema van die kamp was “The just shall live by faith.” (Romeine 1:17.)

Angus het ‘n gedeelte in Lukas 9 en 10 gelees en daar oor uitgebrei, hy het gevra – wat vir my die treffendste was – dat almal wat ‘n geloofsbelydenis wil maak moet staan en dit saam opsê. Die geloofsbelydenis het afhanklikheid, verhouding en verantwoordelikheid ingesluit. Ons moes dus bely:

  • ons afhanklikheid van God,
  • Hy is ons enigste bron van lewe,
  • God altyd eerste sal kom in al ons verhoudings,
  • ons vrouens en kinders belangriker sal ag as werk, bediening of enige iets anders,
  • ons sal ons posisies as konings, profete en priesters in ons huise in neem,
  • ons sal verantwoordelikheid neem vir ons land en volk (deur te bid vir ons president en lewe en vooruitgang te spreek oor Suid Afrika en
  • ons sal groei in vrymoedigheid as manne van God (in vrees vir God en niemand anders nie)

Die res van die naweek was werklik onbeskryflik gewees en ek het nie woorde om dit te beskryf nie. Ek noem ‘n paar punte wat gedurende die naweek bespreek is:

  • Hierdie is dalk my laaste kans
  • Ek moet my rol en verantwoordelikheid as man in neem (by die werk en die huis)
  • Dit is belangrik om te groei in geloof
  • Daar lê baie werk voor en ons moet in spring en help
  • God werk deur ons en ons swakpunte
  • maak meer tyd vir God
  • ondersteun mede gelowiges, veral die nuwelinge sonder om mekaar in dinge in te druk – ons is almal verskillend en het verskillende roepinge
  • hê berou, oor die slegte gewoontes, hou op daarmee en plaas dit agter jou
  • byt vas al is dit soms moeilik
  • leer om op God te wag – Sy tyd, nie myne nie

 


 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s