13. GEHOORSAAMHEID


Dis is ‘n baie moeilike onderwerp om oor te gesels. Daar is ‘n groot klomp menings oor wat gehoorsaamheid is en wat dit vir elke persoon beteken. As ons eers so begin redeneer soek ons maar net ‘n verskoning om nie gehoorsaam te wees nie.

Wat gehoorsaamheid betref sê die Bybel die volgende:

As julle gehoorsaam wil wees, sal julle die goeie van die land eet, maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard vernietig word…
(Jesaja 1:19 – 20.)

Baie duidelik is gehoorsaamheid gekoppel aan ons wil. Dit is dus ons keuse of ons gehoorsaam wil wees of nie en dan ook of ons die goeie gaan smaak of die vernietiging.

…want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.
(Filippense 2:13.)

Hier volgens is dit duidelik dat ons nie sonder God die regte keuses kan maak nie. Ons het Hom dus nodig in ons om gehoorsaamheid te kan kies. Die enigste manier om dus gehoorsaam aan God te wees is om ‘n verhouding met Hom te hê. (Lees ‘WAARHEEN IS ONS OPPAD’ om verhouding met Hom te verstaan.)

Gehoorsaamheid word slegs deel van ons deur onderrig, leiding en natuurlik oefening.

Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is.
(Hebreërs 5:8.)

Elkeen van ons net soos Jesus moes gehoorsaamheid leer en meeste van die tyd gaan die aanleer van gehoorsaamheid gepaard met lyding. Ons moet ‘n “nee” net so goed soos ‘n “ja” kan aanvaar en daardeur gehoorsaamheid leer, indien nie is daar (‘n) straf wat ons help om te leer…

One thought on “13. GEHOORSAAMHEID”

  1. Goeie midag ek het so gehoop u sal meer detail gee oor gehoorsaamheid ek moet sondag praat oor dit bv paar sleutel

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s