12. NEDERIGHEID (Humility)


Nederigheid is die teenoorgestelde van hoogmoed (trots). Hoogmoed is sonde en nie net dit nie, maar hoogmoed vernietig verhoudings. Hoogmoed bring haat mee as gevolg van vrees – jy haat ander in vrees dat hulle beter kan wees in dit waar in of waar oor jy kan spog of jou vreugde in vind, omdat jy beter as ander daar in is.

Nederigheid is nie ‘n maklike of sommer net ding wat oor ‘n mens kom nie, maar dit is iets wat ‘n mens moet aanleer.

Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.
(Matthéüs 11:29-30.)

Die enigste manier om nederigheid aan te leer is om verneder te word, want dan eers besef ons die trots en hoogmoed in onsself. Met vernedering bedoel ek dat ons trots en hoogmoed ‘n bietjie geskud moet word sodat ons dit kan voel en weet dat ons nog met hoogmoed en trots sit.

Ons moet oorlog verklaar teen hoogmoed en trots en dan soos Paulus ons roem vind in die kruis (Galasiërs 6:14.). Dis nie so maklik nie, want Paulus sê dat hy gekruisig is vir die wêreld en die wêreld gekruisig is vir hom. Dus moet ons nie kwaad word as die wêreld ons sleg behandel nie en ons moet ook nie in verwyd en wraak teen oor die wêreld optree nie.

Hierdie is ‘n proses wat baie lank (dalk lewens lank) kan aanhou, maar ons moet bly veg om nederigheid deel van onsself te maak, want daarin vind ons meer van Hom…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s