11. WAARDEER DIE MENSLIKHEID VAN JOU SELF EN ANDER


Dit is vir my wonderlik om te sien hoe selfs God in Sy grootheid die mens eer en waardeer vir wie Hy hulle gemaak het:

wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
(Psalms 8:4-7.)

Ons moet leer om ons menswees te eer en te waardeer want God het ons geskape as mense en nie as engele of diere nie. Die mens se vermoë om ‘n hunkering na God te hê en God te loof en prys is uniek en asemrowend!

Net soos Jesus Sy menslikheid moes aankleef en waardeer het om Sy Goddelike doel as ons Here en Verlosser te voltooi moet ons ook ons menslikheid aankleef om ons goddelike doel te bereik en voltooi.

En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.
(Johannes 1:14.)

As ons die volheid van menswees begryp en leer om dit wat God daardeur wil bereik sal ons in onsself en ook in almal om ons God raaksien omdat Hy Homself met ons kom deel het en in ons kom woon het. Ons moet dus nie plastiek wees nie, maar toelaat dat die Woord van God in ons vlees word sodat Sy heerlikheid sigbaar word in die genade en waarheid wat ons uit leef. Ons lewe dan nie meer vir mekaar nie maar vir Hom in mekaar…

Dit is dan dat ons kan kies om vir Hom te lewe!!! (BE REAL!!!)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s