Eer aan God…


Het jy al ooit gewonder wat dit is om te eer, en hoe eer ‘n mens God?

Die Bybel praat baie daarvan en dit laat my wonder… dit moet dus belangrik wees. Ek het nie hierdie konsep van eer verstaan nie en het dit toe gaan naslaan en bestudeer.

Die Bybel leer ons:

“Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee.”
(Exodus 20:12.)

Die probleem is dat die begrip van eer nie hier verduidelik word nie.

Om te eer is om waarde te vind in, te sien in, te heg aan of te gee aan iets of iemand. Dus is dit ‘n erkenning van wat die waarde is en ‘n optrede of hantering volgens hierdie waarde.

Engelse verklarendewoordeboek (honour)
show respect; respect, esteem; give an award to, pay tribute, praise; accept; fulfill a promise

Laat ek dit so verduidelik: ‘n Man kom na my toe met ‘n aanbod van R300.00 per uur om vir hom ‘n program te skryf wat hom sal help om sy leërs op die internet te organiseer. Ek aanvaar die aanbod en het nou ‘n ooreenkoms met hom. Om die ooreenkoms na te kom – dus die ooreenkoms te eer, moet ek die program wat hy benodig skryf. Ek skryf die ‘draft’ van die program en gee dit aan hom met ‘n beraamde tyd van drie en ‘n half uur. Hy keur dit goed en ek gaan voort met die skryf van die program. Ek spandeer vier ure om die program klaar te maak. Om ons ooreenkoms te eer skryf ek op die faktuur drie en ‘n half uur = R1050.00. Ek skryf ook “de-bugging” van 30 min. = R150.00 in hakkies en tel dit nie by die totaal by nie. Hy ontvang die program en faktuur en installeer dit op sy rekenaar. Nadat hy die program getoets het betaal hy R1200.00 in my rekening in en eer my dus vir die werk wat ek gedoen het.

Eenvoudig gestel beteken dit dus om God te eer is om te erken dat Hy God is en Hom te loof en te prys vir dit wat hy in jou lewe vir jou doen. Begin met iets klein en eenvoudig soos in Loof Die Here! So doende bou jou verhouding met God.

Op die selfde wyse moet ons ons ouers eer en ook die gesag waaronder ons werk. (Romeine 13:1.)

2 thoughts on “Eer aan God…”

  1. Ek stem met jou saam en wil net byvoeg, dat om God te eer, is om te lewe tot eer van God. Wat ek aan die minste van Hom doen, doen ek aan Hom en dit is ook ‘n vorm van eer, of om God te eer. Om my liggaam diensbaar te stel, vir Sy werke, is ook om God te eer. Om heel dag te sê, Here, Here, is nie die manier om God te eer nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s