Alles begin by my!


“Maar jy is darem arrogant” is die reaksie wat ek gekry het, maar dit is eintlik waar. Daar so baie dinge in my lewe wat ek nog altyd gewens of gehoop het kan verander. Hoe dit moet verander weet ek nie, solank dit net kan verbeter. Probleme by die werk, ‘n moeilike baas, swak verhoudings met familie en ‘n mens kan aangaan met ‘n elle lange lys. “Soos ek ‘n paar jaar gelede geskryf het in I Wish…

Waar oor gaan jou lewe – is dit tog nie oor jouself nie?

‘n Vriend van my het toe gisteraand gesê dat dit oor myself gaan, wat moet ek raaksien en verander. ons is geneig om die probleem by ander mense en dinge te soek, maar in werklikheid moet ons heel eerste na onsself kyk. Dit beteken glad nie dat die situasie waarin ek my bevind niks makeer nie of dat my baas nie ‘n moeilike mens is nie. My fokus moet net op myself wees om eers te kyk wat kan ek in hierdie situasie verander wat groei in myself kan bring. NOU MOET DIT NIE GAAN OM MY BAAS TE VERVANG OF TE… Dit is nie die verandering wat ek van praat nie, ek praat van verandering in myself. Begin met iets klein.

Jonathan het op ‘n tyd vir my gevra hoe kan hy leer om sy humeur beter te hanteer. Hy word oorwerk en ooreis by die werk en as hy saans by die huis kom is die duiwel los. Hy baklei en skreeu op almal, slaan deure toe en skop sommer die hond of kat ook. Ek het hom gevra om die situasie by die werk te beskryf en besef dat hy magteloos voel as almal hom “misbruik” en hy nie genoeg tyd het om sy eie werk klaar te maak nie. Die “magteloosheid” wat hy beleef is die probleem en nie noodwendig die werksituasie nie. Jonathan moes toe leer om eers sy magteloosheid te hanteer en in beheer van sy emosies en irritasies te kom. Hy het toe begin om alles wat by die werk gebeur om hom so magteloos te laat voel vir homself huis toe ge-e-pos. Hy kon toe later dit lees en deur werk… Die werksituasie het nie verander nie, maar Jonathan het wel. Sy emosies, irritasies en magteloosheid was nie meer ‘n probleem gewees nie. Die huis situasie het verbeter en selfs sy verhoudings met familie en vriende.

Dit laat my dink aan wat Jesus gesê het:

En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk! Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.
(Matthéüs 7:3-5.)

“Adam wat vir Eva blameer en Eva toe vir die slang…” Dus is dit “Blame shifting” (Ek kry nie so goeie beskrywende woord in Afrikaans nie). Die probleem hiermee is dat jy nog steeds verantwoordelikheid neem vir jou optredes en die gevolge moet dra. Ek sien nie gevolge noodwendig as negatief nie, maar as jou optredes vir jou probleme bring moet jy dit kan “opvreet”, of beter, leer om jou optredes te verander.

Dus begin alles by jou, jy het die keuse…
Alles begin by my, ek het die keuse… om te verander!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s