Wat is lewe nou eintlik?


Ons mense wonder darem baie oor die lewe. Dit is so ‘n oorweldigende gedagte vir sommige van ons, vir ander ‘n avontuur en vir ander ‘n verlede van pyn en ‘n toekoms van hoop. Ja, wat is lewe nou eintelik?

John Eldredge het gesê dat ons lewens stories is. Hy sê die rede dat ons so sukkel en verlore voel is omdat ons nie ons stories ken nie of vergeet het. Geskiedenis is dus belangrik omdat ons mekaar nodig het om die storie in te kleur en te voltooi. Soms moet jy net weer herinner word aan jou storie sodat jy jou ware lewe kan raak sien.

Virginia Woolf sê deur ‘n storie te vertel gee mens lewe… Stories is lewens wat inmekaar in geweef is want ons almal deel en beïnvloed mekaar…

Jou lewe is dus ‘n storie, ‘n avontuur, ‘n roman…

Sukkel jy met jou lewe of voel jy verlore?

Kyk ‘n bietjie na jou verlede en vra vrae sodat jy jou storie kan vind. Hoe meer jy weet van jou storie hoe meer verstaan jy jou lewe.

Ja, soms is die verlede nie ‘n lekker plek om by te gaan kuier nie, daarom het ons vir Jesus en mekaar nodig. Moenie alleen daar gaan kuier nie, maar nooi vir Jesus saam. Onthou ook om nie te lank daar te vertoef nie en dan van die hede en toekoms te vergeet nie.

Ook wanneer ek deur ’n diep en donker vallei moet loop, dan sal ek nie bang wees nie, want U, Here, is by my. U beskerm my soos ’n herder sy skape beskerm met sy stok en met sy kierie. (Psalms 23:4 ABA)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s