10. DIE GESTALTE VAN ‘N DIENSKNEG


As ons onsself nou bloot gelê het voor God en met die ontledigingsproses – ons dus gewoond geword het daar aan om onsself voor God te bring en alles met Hom te deel, moet ons fokus effens verbreed word na gestalte. Ons moet die gestalte van ‘n dienskneg aan neem.

Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem…
(Filippense 2:5-7.)

Die probleem hiermee is natuurlik dat ons maklik leer om te dien as dit nodig is en glo dan dat ons diensbaarheid ons die gestalte van ‘n dienskneg gee. Wel diensbaarheid is ‘n goeie eienskap, maar dit maak jou nie ‘n dienskneg nie. Jy kan slegs ‘n dienskneg wees as jy jou self ontledig en die gestalte van ‘n dienskneg aan neem. Gestalte is die vorm, dus word jy in werklikheid ‘n dienskneg.

As jy net dien is jy steeds in beheer en het die reg om nee te sê… Jou houding en gesindheid moet verander in so ‘n mate dat jy jouself as ‘n dienskneg sien – jy word dus nie kwaad as ‘n opdrag of ‘n guns na jou kant toe kom nie, maar pak dit aan asof God self jou gevra het om dit te doen.

Is jy dus gewillig om enige iets te doen, selfs al is dit klein en nietig of sleg en ongemaklik?

Jy moet dus kies om nie net te dien nie, maar om ‘n dienskneg te wees.

…ek is die diensbare kneg van almal…
Martin Luther

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s