VERLANGE


Verlange het so baie fasette en dikwels is dit ‘n gevoel wat ons heel onkant betrap. Onlangs is ‘n vriend van ons in ‘n motorongeluk oorlede. Dit het nogal ‘n heel ander persepsie van verlange mee gebring. Nie dat dit iets nuuts is nie, maar ‘n terug ruk na dit wat werklik belangrik is.

Verlange word verkeerdelik verstaan as iets wat verby is, vergete is of onbereikbaar, maar wat van ‘n strewe na verbetering, groei en vooruitgang. Verlange bring nie net herinneringe van “die goeie ou dae” nie, maar tog ook ‘n visie vir die toekoms. Ons vind krag, motivering en vreugde in dit wat nou agter ons lê, sodat ons die pad vorentoe kan aandurf.

Ons kan nooit die verlede heeltemal vergeet nie en dit is ook nie nodig om alles te laat gaan nie. Die goeie en die slegte kan ons help om ons alledaagse situasies te verstaan, te waardeer en te geniet. Dit beteken verseker nie dat daar geen pyn, hartseer en nostalgie ook betrokke is nie, maar wel dat ons lewe.

Verlange bevestig vir my dat ons lewe en ‘n lewe het wat ons ten volle kan aangryp en dat ons met ‘n passie kan uiting gee daar aan…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s