9. VREES, HOOGMOED EN TROTS


Voor dat ons na die ander gesindhede en karaktereienskappe kyk dink ek dit is nodig om te weet wat ons moet beveg om hierdie gesindhede en karaktereienskappe ons eie te maak. Vrees hoogmoed en trots is die struikelblokke of die kettings wat ons keer om onsself te ontledig. Dit word gewoonlik ons motivering om te lewe, op te tree of te reageer.

As ons vrees het sal ons altyd van uit die vrees reageer. Vrees dwing ‘n mens om ‘n sekere stand of patroon aan te neem. Dit is gewoonlik veg, vries of vlug. Hierdie is gladnie verkeerde of negatiewe reaksies nie, want dit kan ons lewens red in werklike gevaarlike situasies. Die probleem is dat in vrees lewe ons altyd in hierdie veg, vries of vlug. Ons reageer sonder om te dink en maak ander mense seer sonder dat ons dit bedoel of weet. Die mense om ons sien ons as gevoelloos, selfsugtig en ongeskik – en ongelukkige begin hulle ons so hanteer en die hele situasie vererger.

Hoogmoed en trots loop gewoonlik hand en hand met vrees. Vrees dat mense jou nie meer sal liefhê, vrees vir verwerping en vrees vir die “sê nou maar”. Daar sal dus altyd ‘n verskoning om te vrees wat kan lei tot hoogmoed. Hoogmoed en trots kan ook vrees versterk of voortbring. In ‘n lewe van groot sukses dink mens soms “kyk wat het ek alles bereik” en vrees dat hierdie “ding” aangetas kan word deur omstandighede en situasies buite jou beheer, vererger vrees.

Daar is nog baie wat gesê kan word ten opsigte van vrees, hoogmoed en trots, maar dit is nie ons fokus nie. Ons fokus is om dit te erken en dan uit ons lewens te verwyder.

Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ‘n slegte wandel en ‘n huigelagtige mond haat ek.
(Spreuke 8:13.)

The fear of Jehovah is to hate evil; I hate pride, and arrogance, and the evil way, and the wicked mouth.
(Proverbs 8:13.)

God haat hoogmoed en trots! Ons kan ook op hierdie plek kom waar ons alles wat sleg is haat… maar vrees ons God? Wat bepaal ons optrede tussen mense? Is dit die mense of is dit God? As die mense in wie se geselskap ons is bepaal wie ons is of voorgee wie ons is, dan vrees ons God nie! Eina, dit kan vir party ‘n klap in die gesig wees, maar ons moet die waarheid van hierdie dinge kom vas maak anders sal ons dit nooit kan erken nie. Ons moet God bo alles eer, liefhê en waardeer sodat ons Hom kan vrees.

Die beste manier om te bepaal of ons optredes deur vrees, hoogmoed en trots motiveer word, is om Liefde nader te roep en deur Liefde te kyk daarna. Was die wyse van hantering of optrede in liefde gedoen of nie? As dit nie was nie is daar ‘n 99,999% kans dat dit uit vrees, hoogmoed of trots was.

Dus beveg ons vrees, hoogmoed en trots deur liefde. Paulus sê dat ons moet roem in die kruis van Jesus Christus waardeur die wêreld vir ons gekruisig is en ons vir die wêreld (Galasiërs 6:14).

Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
(2 Timótheüs 1:7.)

Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
(1 Johannes 4:18.)

Dus in ons verhouding met God en ons liefde vir mekaar kan en gaan ons vrees, hoogmoed en trots oorwin…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s