8. SELF ONTLEDIGING


Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig…
(Filippense 2:5-7.)

Ons moet die selfde gesindheid as Jesus aanneem. Gesindheid is nie meer ‘n alledaagse woord nie want die Engelse woorde klink so lekker en word sommer meer gebruik: ‘mindset, attitude, perseption and understanding”. Ons kan dadelik weer Romeine 12 se vernuwing van ons denke hier in identifiseer. Dus is dit belangrik om na die volgende te kyk deur Jesus Christus – Hy moet ons filter word en nie dit wat ons as mense alles ervaar het nie.

Ontledig beteken dat ons nie onsself sien as beter of slegter as ander mense nie. Jesus het presies geweet wie Hy is en ook verstaan watse rol Hy kan speel in die lewe. Paulus skryf in Romeine 12:3 dat ons reg moet dink oor onsself en hy noem dit eers nadat hy oor die vernuwing van ons denke gepraat het. Dus moet ons trots nie gesete wees in wat en wie ons is nie ook nie in wat of wie ons nie is nie. Paulus het ook genoem dat ons nie mag roem in dit wat ons is of wat ons behaal het nie, maar slegs in die kruis van Jesus Christus (Galasiërs 6:14).

Sodra ons onsself opweeg teen iets – maak nie saak wat dit is nie – het ons nog nie onsself ontledig nie. As ons mekaar opweeg om te bepaal wie beter of slegter is of wie die heiligste is, is ons steeds besig om roem te vind in onsself.

Self tevredenheid is baie belangrik en ook die wyse hoe ons na ander mense kyk. As ons onseker oor onsself is doen ons dinge om onsself te bewys en in meeste gevalle weet ons nie presies dat ons so optree nie. Die ergste van alles is dat ons ander mense seermaak en glad nie omgee oor hulle gevoelens en in watter mate ons hulle verneder en afbreek nie.

Die enigste manier om hierdie probleem te beveg is om ons eie foute en sondes te erken, te bely en dan ‘n keuse te maak om hierdie lewens styl te beveg in onsself. Dit help nie ons kyk na ander mense en probeer bepaal hoe hulle oor hierdie dinge dink nie, want dit is ‘n saak tussen jou en God – ‘n binnekamer situasie wat een tot een met Hom bespreek moet word.

Onthou hoe ons na God toe gaan:

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
(Hebreërs 4:16.)

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
(Filippense 4:6.)

Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!
(Psalm 139:23-24.)

Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
(Matthéüs 6:9-13.)

Met erkenning aan Dr. Corne Bekker.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s