7. WAAR MOET ONS BEGIN?


Nou dat ons ‘n idee het oor die stene waarmee ons moet bou en ook in watter mate ons moet saamwerk, kom ons kyk ‘n bietjie dieper. Dis altyd maklik om die klem te lê op hoe dinge moet wees, maar daar word nie werklik rigting gegee oor hoe ons daar moet uitkom nie. Ek hoop ek het ‘n prentjie kon skets dat elkeen van ons onsself kan sien en besef waar ons onsself bevind. Ons moet altyd ingedagte hou dat dit ‘n proses is om te verander. Eers moet ons besef dat ons nie op die regte plek is nie en dan moet ons ook gewillige wees om te verander.

Paulus skryf in Filippense 2:7 dat Jesus aan die mens gelykvormig geword het. Hy wat God was het Sy menslikheid aangegryp sodat Hy die volkome en ware voorbeeld vir ons kan wees. Dit was ook die enigste manier om God en die mens te versoen – want sonde moes eers oorwin word en die mens moes ‘n kans kry om weer nuut te word in Hom. (2 Korinthiërs 5:17-21.)

Eers het Jesus gelykvormige word aan die mens en deur Sy lewe en dood op aarde het daar vir ons ‘n deur oopgegaan waardeur ons nou gelykvormig kan word aan Hom. Hy is tog die weg, die waarheid en die lewe, maar is ons op die regte pad?

Paulus verduidelik dit baie mooi:

As daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige tederheid en ontferming is, maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin. Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.
(Filippense 2:1-4)

Ons moet eerstens leer om in eenheid met ander saam te lewe – nie net aan ons self te dink nie, maar ook aan ander. As ons onsself bo ander stel raak dit te maklik om dinge te doen wat net vir my voordelig is en vir ander mag dit vernietigende gevolge hê.

Paulus gaan verder en sê:

Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
(Filippense 2:5-11.)

Paulus lig ‘n paar dinge (karaktereienskappe) uit wat deel van ons gesindheid moet wees:

JY BEGIN DUS BY JOUSELF.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s