Skadu-kol.
Verras kom kuier jy vandag weer in my hart
Vrou-mens ek soek na jou
En na die bekoorlikheid van jou siel se
Sagte
Ribbebeen kontoere
Ek pleit vir redding en ken van kruip
Tussen die skare deur
Stof op jou wange
En huil in jou skoot
Reik jy na Sy kleed se soom
En daar word jy van bloeding genees
En bo ons almal
Dogter genoem.
In naam en wees
In jou nood
Kon die lap om Sy enkels
Jou enigste hoop wees
En Hy
Het jou aanraaking herken……Jou in my hart
Vas geklem.