4. VAT ALLES NA HOM TOE!


Stort jou hart uit voor God!!!

Dit sal baie goed wees as ons hierdie gewoonte aan leer. Ons sal net meer en meer vrede belewe en ook nader en nader aan Hom groei.

Hierdie wêreld is baie veeleisend en dit is iets wat al erger en erger word. Daar word so baie van ‘n mens verwag en die spanning word net hoër en hoër. As ons nie Sy vrede het nie sal ons verseker vergaan…

Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie! Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg? En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie. As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges? Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.
(Matthéüs 6:24-34)

“Kwel” is nie ‘n baie beskrywende woord nie, iets soos “worry” klink amper beter… SO! hou op WORRY!!!

As ons God so baie in ons lewens wil doen en deel wees van ‘n klomp dinge wat ons as nietig en klein beskou hoeveel te meer kan ons Hom vertrou as Hy sê dat ons ons nie moet bekommer oor die lewe nie…

Bekommernis is ‘n gedagtepatroon wat ons moet afleer. Dit is sekerlik een van die sterkste en diepste neuron paaie wat die mensdom al goed uitgeloop het. Ons het hierdie pad al so diep getrap dat worry deel van ons lewens geword het, maar dit beteken nie dat dit nie kan verander of so mag bly nie. Ons moet die keuse maak dat worry nie vir ons bedoel is nie en dat ons moet en kan ophou daarmee. Die tyd het aangebreek dat ons moet kies tussen lewe en dood. Dood is worry en om nie te worry nie is verseker lewe.

Die wetenskap het ook bewys dat ‘n mens wat baie gespanne is meer ontvanklik is vir allerhande siektes en komplikasies. Die sielkunde het ‘n lys van stres verwante faktore opgestel wat gemeet word oor ‘n tydperk van omtrent 10 tot 12 maande. As mens al hierdie situasies bymekaartel kry jy ‘n totaal wat dan aandui hoe hoog jou stres vlakke die afgelope jaar was. Dit kan dan ook beduidend wees oor siektes en kwale wat gedurende hierdie tydperk teenwoordig was.

Ek verstaan al hoe beter hoekom ons nie moet worry nie en hoekom worry die selfde is as om dood te kies…

Nie dat ek dit 100% regkry nie, maar ek is seker ek worry al minder oor die lewe.

Kom ons kry iets beter en gesonder om te doen in die plek van worry…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s