2. KOM ONS VOLG DIE WEG


Die geheim van liefde lê in verhoudings. Die enigste manier om iemand lief te hê is om verhouding met daardie persoon te bou. Ja, nou dink ons vinnige en wonder oor die mense om ons, wat die verhoudings is en wat ons met dit moet maak. Kom ons kyk weer na Filippense 4.

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
(Filippense 4:6-9.)

Ons moet op ‘n plek kom waar verhoudings vir ons belangrik is. Die meeste mense kan nie verder as hulleself sien nie en word dus selfsugtig, stuckup, en suinig. Dan sit ons nog met ‘n kapitalistiese stelsel waarin ons groot word of groot geword het. Ons leer om na onsself om te sien bo enige iets anders – weereens is niks daarmee verkeerd nie, behalwe as dit jou ook selfsugtig, stuckup, en suinig maak. Dit is belangrik om na jouself om te sien maar nie in so ‘n mate dat jy almal vertrap om dit reg te kry nie. As jy iemand moet verneuk, bevark of verneder om jouself te stig, te bou of versterk is jy selfsugtig, stuckup, en suinig.

Daar moet nie ander dinge wees waaroor ons besorg is nie, want dan skeep ons verhoudings af. Dus moet ons alles bekend maak by God – Hy weet in elke geval alles wat jy probeer wegsteek of ontken. Die ergste van alles is dat die meeste van die dinge wat ons wegsteek en ontken is klein en nietig en het na ‘n lang tyd ‘n ‘issue’ geword. Nietighede is dit wat verwoesting bring: kom ek vertel julle ‘n storie…

Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei. (Hooglied 2:15.) Gedurende die bloei tydperk hang die wingerd vol bloeisels. As die jakkalse deur die wingerd hardloop dan verniel hulle die bloeisels en bestuiwing kan nie plaasvind nie, daar is dan later geen vrug aan die wingerd nie.

Verhoudings werk die selfde, as nietighede toegelaat word in die bloei tyd van ‘n verhouding kom daar geen vrug nie. Verhoudings soos ‘n wingerd het seisoene en die bloei seisoen kom nou en dan weer – dus is daar kans vir herstel mits ons die jakkalse vang wat verwoesting bring. Hierdie verhouding is dan op plekke swak en sodra daar ‘n gaatjie kom sluip die jakkalse weer in en alles gaan net meer en meer agteruit.

Ek stem nie werklik saam met die stelling dat ons aan verhoudings moet werk nie, verhoudings is soos ‘n wingerd wat groei – daar kan niks aan die plant gedoen word nie. Die werk kom by die grond, water en voeding. Waarmee hou ons onsself besig – is dit ‘n geskindery, ‘n geworry oor dinge, ‘n selfbejamerings sessie of bedink ons alles wat waar, eerbaar, regverdig, rein, lieflik en loflik is.

Ons eie saak, ons eie lewe is in ons eie hande.

Want soos hy in sy siel bereken, so is hy…
(Spreuke 23:7.)

Soos ons in ons harte dinge bedink so is en word ons…

Do not those who think evil go astray? But mercy and truth shall be to those who think of good.
(Proverbs 14:22.)

Die wat aldag op onheil fokus en dit bedink dwaal af van die weg van God. ‘Mercy and Truth’ / goedertierenheid en trou is dit wat die weg van God bewaar – Ps.25:10:

Al die paaie van die HERE is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar.
(Psalm 25:10.)

En as ons dan weer kyk na liefde:

Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nimmermeer;…
(1 Korinthiërs.13:4-8.)

Nou kan ons verstaan wat Paulus bedoel as hy sê:

Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.
(Romeine 13:10.)

Nou is die tyd om vas te hou aan dit wat ons reeds ontvang het wat goed, eerbaar en wonderlik is. Wees dankbaar vir dit wat ons reeds het en loof en prys HOM daarvoor:

Your written testimonies are completely reliable. O LORD, holiness is what makes your house beautiful for days without end.
(Psalm 93:5.)

Ignorance is not excused anymore!!!

Ons kan nie net se ek het nie geweet nie – wat ons nie weet nie kan ons nog steeds vernietig…

Kom ons doen moeite om uit te vind wat ons moet verander en wees bereid om die prys te betaal.

Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is
(Romeine 12:1-2.)

Ek het hierdie week besef dat daar dinge in my lewe is wat ek moet verander en dat dit my verantwoordelikheid is om daarmee voor HOM, my Here en Verlosser, te gaan…

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
(Hebreërs 4:16.)

Ons moet uitvind wat verkeerd is in ons lewens en bereid wees om die prys te betaal om dit reg te stel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s