sal ek jou geheime oopvou
in ‘n lente skemer
in die hart van
September
wannneer die somer
reën amper teen jou
mond lê
sal jou stiltes
in my palms
rus vind
en dan sal ek
rus teen jou
borskas
waar daar ‘n kreet in elke klop is
in elke spier is pyn
ek sal my
mond teen jou pols
sit
en dit alles versag
saggies
sal ek jou
dag-na-dag
beter
bid-praat