Ook waar op ons fokus


Ek het gisteraand vir die eerste keer weer ondervind dat daar baie dinge is wat ons kan laat struikel en as ons nie ons oë op Hom hou nie sal ons in die sloot val. Dit is vir my belangrik om te weet en te onthou dat die profetiese bediening en so ook al die ander wat daar was en nog steeds is altyd deel sal uitmaak van God. Sekere van dit wat ons daagliks beleef is ook deel van dit wat God in elkeen van ons se lewe kom doen. Onderskeiding bly belangrik vir elke “ander” of “nuwe”…

Dus is die seisoen vir ‘n sekere doel daar en in elke seisoen mag die fokus ‘n bietjie verskuif, maar nooit weg van Jesus Christus af nie. As Hy dan ons alles is en volgens Paulus als in Hom, deur Hom en tot Hom is en ons in Hom lewe (…want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag, Handelinge 17:28) dan sal ons dus nie fokus verloor nie, mits ons in Hom bly – so ek verstaan dit dat my verantwoordelikheid is om in Hom te bly soos Jesus in Johannes 8:31-31 sê (bly in My), Hom te Volg Johannes 12:26 (As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer) en vir Hom en op Hom te wag vir waarheid en krag. (… net gewillig is en luister). Jesaja 40:20-31 en 1:19.

Ons het vanoggend gesels oor:

Elke goeie en elke volmaakte gawe kom van God af, maar ek moet volkome op Hom vertrou, my begeertes aan Hom gee en dan op Hom wag om dit alles vir my terug te gee. In Sy hand word die onvolmaakte volmaak!!! As ons dus dit wat ons het (van Hom ontvang het) oor gee aan hom dan word dit weer aan ons gegee maar in ‘n beter en meer ‘volmaakte’ formaat…

Sodra ek uit my eie krag iets wil bekom, begeer of wil hê….dan dreineer dit my eie krag maar wanneer ek soos ‘n kind voor Vader se voete gaan sit en wag dat hy dit aan my oorhandig….daar vind ek dan ook my krag !!!! (Hebreërs 3 en 4)

As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.
(Jesaja 1:19)

Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
(Johannes 7:38)

Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie. Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
(Jesaja 40:28-31)

Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.
(Jakobus 1:17)

Lekke dag!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s