Elke aspek van my lewe
moet ‘n draai maak by die kruis–
daar is die vir wat ek te bang is.
En dan die wat ek liewer wil vergeet…
MAAR,
Dit wat nie aan die kruis gespyker was nie
Wel dit word net te swaar
Dis dit wat my krag en tyd leegtap.
Selfs my emosies en verhoudings
Als moet kruis toe.
Dan dra U dit saam met my…
© Thomas Dreyer
(Filippense 4:6-9.)