Gebede vir ons Land

Ons land het baie gebed nodig. Die laaste twintig jaar het baie veranderings plaasgevind maar tog is die transformasie van ons land nog glad nie klaar nie. Die regering, mediese- en skool stelsels het nog ‘n hele entjie om te gaan en dit is ons verantwoordelikheid om God se wil daaroor te bid. Groot werke van Sy genade en liefde is reeds sigbaar in ons midde, maar tog staar ons ons blind teen dit wat nog nie verander het nie…

…en wanneer my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
(2 Kronieke 7:14).

Kom ons bid God se wil oor ons land t.o.v die tugtigingswet, misdaad, die bankwese en ook ons ekonomiese stelsel.

Kom deel met ons jou hart van gebed vir ons land sodat ons saam met jou kan bid.

7 Responses

  1. Hemel Vader, hier is soveel seer, soveel pyn in hierdie wêreld van ons. Ek bid en vra dat U koninkryk kom en U wil geskied hier op aarde soos dit is in die hemel. Ek droom oor ‘n wêreld sonder al die pyn en die seer… ‘n wêreld vry van haat en misdaad?

    Onse Vader wat in die hemele is,
    laat u Naam geheilig word;
    laat u koninkryk kom;
    laat u wil geskied,
    soos in die hemel net so ook op die aarde;
    gee ons vandag ons daaglikse brood;
    en vergeef ons ons skulde,
    soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
    en lei ons nie in versoeking nie,
    maar verlos ons van die Bose.
    Want aan U behoort die koninkryk,
    die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.
    Amen.

    (Mat.6:9-13 & Luk.11:2-4.)

  2. Hemelse Vader,
    ek bid vir ons land Suid Afrika,
    seën ons, as ‘n nasie en volk.
    Skenk geboorte in ons harte
    aan vryheid en geregtigheid,
    aan broederskap en liefde.

    Bewaar ons teen oorlog,
    teen vrees en ongeregtigheid,
    teen moedeloosheid en nederlaag.

    Seën ons president
    en al die leiers van ons land
    skenk aan hulle wysheid en moed,
    visie en hoop in elke besluit t.o.v. ons Land.

    Maak ons meer en meer bewus
    van ons erfenis,
    maak ons bewus van ons regte,
    en ook ons verantwoordelikhede
    as kinders van God
    en as landsburgers.

    Maak aan ons bekend u wil,
    tot die vervulling van u woord
    vir die restourasie en doel,
    en die toekoms vir ons land
    tot die verheerliking van Jesus Christus.

    Seën Ons Land Suid Afrika.
    Amen.

  3. Here Hemel Vader
    Groot is u naam oor die hele aarde
    Ek loof en prys U.

    Ek bid U seën en beskerming
    oor ons land Suid-Afrika,
    Ek bid U wil toe oor die verkiessing,
    en die veranderings in die geledere van die ANC.
    Laat U wil geskiet en U koninkryk kom.

    In die naam van Jesus Christus, ons Here.
    Amen.

  4. Hoe wonderlik is dit om U te ken as ons Vader,
    Heilig is u Naam oor die ganse aarde.
    Deur ons gebed nooi ons U nader,
    Want in u alleen het ons werklik waarde.

    Dankie Hemel Vader vir ons Land Suid Afrika,
    Ek bid u sëen, liefde en beskerming oor haar.
    Skenk ons u lewe in oorvloed, O Heer!
    Stuur ons u lig en u waarheid,
    Laat diè ons lei en bring,
    Na u heilige berg en na u wonings.

    Hemel Vader, sëen ons land Suid Afrika,
    Stort u Heilige Gees oor haar.
    Wees u ons lewe, O Heer,
    diè lewe – ons lig en waarheid!
    Laat diè ons in u koninkryk bring,
    as u heilige heersers en konings.

    Laat u koninkryk kom,
    Laat u wil geskied,
    Soos in die Hemel,
    So ook in Afrika!

    Hoe wonderlik is u naam, O Vader,
    Hoe groot is u naam in die ganse aarde!
    Want aan u behoort alles wat lewe,
    Ons Skepper, Koning en Here!

  5. Gebed vir Vrede

    Almagtige God en Vader,
    vanuit wie alle waarheid en vrede kom,
    raak die harte van alle mense aan
    met u heilige liefde en vrede.

    Kom, O Prins van vrede,
    lei en leer die heersers van ons land,
    met besluitneming deur u volkome wysheid.
    Skenk aan hul u onderskeidingsvermoë,
    tot die vooruitgang van u koninkryk,
    totdat ons hele land gevul word
    met die kennis van u oneindige liefde.

    Dankie Jesus, ons Here en Verlosser.

  6. Ek het hierdie e-pos vanoggend ontvang. Dit is ‘n gebed vir ons Land, ‘n noodkreet in ‘n land van duisternis, want ons glo in ‘n almagtige God wat in hierdie duisternis instap en Sy lig skyn. Sy teenwoordigheid bring nuwe lewe vir almal. Bid saam met ons:

    Hemel Vader, ons Here en God, ons pleit by U, in die naam van Jesus, vir ‘n godelike ingryping om die vlaag van kinderontvoering, moord, huisbraak en ander misdaad in ons mooi land te stop. Laat almal besef hulle moet hulle inkeer tot U en U begin prys, Hemel Vader!
    Ons vertrou op U en dank U vir U ingryping in ons Land.
    AMEN!

  7. Ek bid saam vir ons land. Nog beter ons moet vir die hele wêreld bid sodat almal kan sien wie Jesus is.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 139 other followers

%d bloggers like this: