Ons land het baie gebed nodig waar families en vriende uitmekaar spat, verhoudings verbrokkel en selfsugtigheid ons harte kom vul. Dit is in eenheid dat ons mekaar opbou en ondersteun.
En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
(Jakobus 5:15-16).
Kom ons bid vir mekaar.


Ek bid vir die huwelik van twee van my vriende:
Here leer my om u liefde uit te leef elke oomblik van my lewe! Skenk my u krag en genade om hierdie mense by te staan wat verlore geraak het in die pyn en vrees van die lewe. Here kom omvou hulle met u ware liefde wat alle pyn en vrees vernietig en trek hulle nader aan u.
Bid saam met my vir harte wat weer honger en dors na ons Here sodat hulle die HERE sal aanroep en nuwe lewe in Hom sal ontdek…(Psalm 107).
Here, Hemel Vader, ek dra vandag my Familie aan u op. Ek bid vir wysheid en krag om staande te bly en vra dat U hulle sal beskerm in hierdie tyd van beproewing.
Ek bid vir my ouers. Here u weet beter as ek wat hulle nodig het ook weet ek dat die lewenstryd wat hulle mee stoei baie uitputtend is. Bring u rus en vrede daar waar hulle dit nodig het en bevestig u Vaderskap met elkeen van hulle sodat hul met vrymoedigheid na u troon van genade sal gaan en daar barmhartigheid en genade kan vind.
Ek bid vir my sus en swaer wat met pyn, siekte en teleurstelling in ‘n put van moedeloosheid geskop is. Vader wees ‘n pappa vir hulle en trek hulle nader uit die put van moedeloosheid. Bring genesing en versterking in hulle lewens.
Here ek is beskikbaar om hierdie voluitslewe met hulle te deel, lei my om dit volgens u wil te doen.
Skenk ons u lig en u waarheid Here, laat die ons lei…
Beskerm my familie en vriende
Heilige God en Vader
Beskermer van elke mens en volk
Beskerm my familie en vriende
Teen geweld en pyn,
die boosheid van ander
en die wapens van haat
wat pyn en vernietiging bring.
Waak saam met elkeen
teen die dade van boosdoeners.
Skenk hul U hand van beskerming,
U rus en vrede.
In Jesus Naam.
Amen.
Hemelse Vader ons bid saam met Rinda vir haar man en vra dat u in hom sal bly werk tot dat dit wat u in hom wil vorm voltooi is. Ons bid vir u genade en liefde om altyd deur teenwoordig te wees in Rinda en haar man se Huwelik…
Amen
Beste broeder Thomas,
Mijn naam is Leo Coenraad, ben 48 jaar getrouwd en heb 2 dochters Debbie en Wendy en 6 kleinkinderen. In augustus hoop ik, als GOD het wil, 70jaar te worden.
Ik wil GOD en U danken. GOD wil ik danken dat HIJ mij naar Uw site heeft geleid en U wil ik danken voor al wat U heeft geschreven. Het heeft mij aangeraakt. Ik heb nog niet alles gelezen maar geloof me ik zal het doen. Door Uw schrijven ben ik weer meer aan GOD gaan denken. Ik was aan het verkillen en nu richt ik mijn ogen, mijn oren, en mijn denken weer op HEM.
Dank U Vader, zegen Thomas en zijn familie. Geef hem de kracht en de wijsheid om verder te gaan en wees zijn hoeder in Jezus naam. Amen.
Vriendelijke groeten, Leo
Ek versoek die gemeenskap om asb ernstig te bid vir my seun ivan wie `n kunstenaar in Griekelad is en wie selfvertroue verloor het. Ek vra self ook dat die Hemelse Vader hom lei na `n plek in sy geloof waar sy lewe weer sinvol word.
Ek groet een en elkeen in dai oorwinnings Naam van Ons Heer en Meester ! Ek kom vandag en vra dat julle saam met my moet bid ,ek vertrou die Here vir groot dinge my Geloof is groter as ek self dit groei net elke dag.Ek het finansiele probleme ,My man werk nie en ons sukkel om kop bo water te hou.So ek vertrou bid saam met my vir my en my familie
Kan jy asb help, ‘n gebed van moeder aan dogter wat nou oor ‘n week trou. Dankie