Kom ons bid

Elkeen van ons moet bereid wees om ‘n verskil te maak in alles waarin ons betrokke is. Leer om te bid vir jou omgewing – werk, huis, woonbuurt, vriende, familie ens.

Gebed is een van die belangrikste elemente in die proses van transformasie.

URGENCY for the well-being of the earth is born in the heart of God. The divine desire moves through the world, seeking to make all creatures radiant with goodness and alive with righteousness. True prayer includes every desire of our own that helps align us with this loving movement of the Spirit. Once we realize this, we are very close to prayer without ceasing (1 Thess. 5:17).

Robert Corin Morris
Wrestling with Grace

Kom deel jou gebede hier waar ander ook deel daarvan kan word en saam met jou kan bid.

Gebede vir familie en Vriende
Gebede vir ons Land

9 Responses

  1. Ek bid al 3 jaar vir my man. Hy is die beste man wat ek kan dink om te kon kry, maar ontsettend tradisievas. Die duiwel gebruik juis hom wat so naby my is om my aan te val, ek is al deur ‘n paar groot storms, maar ek staan vas. Alle eer aan ons Koning! Bid asb saam dat my man by die volgende Mighty Men Conference sal wees! Dankie Jesus! AMEN

  2. Hi Rinda, Bly net glo, want vir GOD is niks ontmoontlik nie, Hy is YAHWEH ILOHIEM. En ek glo soos ek ook al ‘n hele paar jaar vir my man ook bid, dat die Here hom sal aanraak, en dat Ek en my man die Here saam sal dien, en ek glo dit vir jou ook….Hy Sal tot bekering kom, want dit is in hom om God te dien.
    Groete in Jesus Naam.

  3. Ek wil baie graag meer wees vir Jesus. Ek wil ‘n dissipel vir Hom wees. Ek wil Hom sien. Ek wil gedurig bewus wees van Sy teenwoordigheid deur die Heilige Gees

  4. Hi Melony,

    Dit is ‘n wonderlike strewe wat in jou hart is!
    Ek bid dat jy Jesus sal ontdek op ‘n nuwe vlak en Sy teenwoordigheid in jou lewe sal bly groei!

    Hemel Vader, Melony het ‘n begeerte om te sien en te lewe deur die kruis van Jesus. Alles wat sy dink en doen veranderd deur die liefde en openbaring van U in haar lewe met volkome vernuwing van haar gedagtes. U woord sê dat u ons hartsbegeertes beantwoord as ons ons in u verlustig, laat dit so ookvir haar wees.
    Amen

  5. Here Jesus ek bid vir die man waarvoor ek lief is, Vader raak hom aan en plaas U gees op hom, sodat hy U liefde kan ervaar Here Jesus, verbreuk die kettings van satan wat hom tuister en die bande wat hom in die duisternis hou. Vader ek pleit die bloed van Jesus Christus oor hom, weerhou hom van die bose. Genees sy lewe, sodat hy weer opnuut kan glo, Vader beskerm ons verhouding en help ons om net nader aan mekaar te groei. Dankie Here Jesus dat ek kan weet U is ‘n lewende God, en dat U nooit telleurstel nie.

  6. ek bid vanoggend dat die sluise van die hemel sal oopgaan vie my finansies in Jesus naam Amen

  7. die Here sal nooit sy kinders beskaamd laat staan nie dit glo ek ,Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.
    Dankie Here dat ek met die versekering deur die lewe kan gaan .Baie dankie dat ons kan besef dat U die Here God is en U kan aanbid .U is Heilig Here

  8. Ek versoek die gemeenskap om asb ernstig te bid vir my seun ivan wie `n kunstenaar in Griekelad is en wie selfvertroue verloor het. Ek vra self ook dat die Hemelse Vader hom lei na `n plek in sy geloof waar sy lewe weer sinvol word.

  9. Alle eer vir die Here, na beina 2 jaar van intense gebed vir my man is ons weer in enigheid verbind. Bid elke dag vir jou huwelik en die bose van buite wat dit by jou kan steel. Alles is moontlik deur Christus wat jou krag gee.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

Gravatar
WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.