Hallo, ek is Thomas. Ek is gaande oor die natuur en is selfs verlief op die Skepper daarvan. Ek geniet en waardeer die lewe saam met Hom, my vrou en al my familie en vriende wat dit saam met my deel, want Hy is Die Lewegewer, my Lewegewer…
Ek studeer al jare lank teologie, en dit bly vir my baie sleg as dinge soms moeilik gaan en ‘n mens verdwaal raak in moedsverlorevlakte. Ek het al baie gewonder oor hoe die lewe wat Hy my skenk ander mense deur my gaan raak, tog is daar elke nou en dan ‘n nuutheid in hierdie lewe vir my en ek het dus die geleentheid om dit met ander te deel.
Ek het begin “Blog” nadat ek ‘n soeke gehad het na ‘n dieper lewe, ware lewe en dit wat ek toe in Hom ontdek het wou deel… dus deel ek dit met ander want ek glo dit is deel van hoekom ek is, wie ek is…
Loof en prys Hom omdat Hy enige iets kan gebruik om hierdie ware lewe bekend te maak, al is dit tegnologie!!
Ek hoop jy ontdek ook hierdie lewe en dat dit net meer en meer sal word sodat jy dit ook aan ander sal kan gee.
Kom gesels gerus saam.


Haai, dis net toevallig dat ek hier beland het. Ek het my man 5 maande gelede verloor. Hy het homself geskiet, en verlede nag het ek gedroom van ‘n ‘old age home martiens’. Name wat nie sin maak nie en toe val ek hier uit….