Grace!


True grace is a free gift from the giver of grace.

We should not complain about anything especially not when somebody received grace. As a community we should be gracious to one another and rejoice when someone have received grace.

On the contrary we moan and complain about the unfairness of this world and about the one not getting what he or she deserve…

GRACE IS A FREE GIFT THAT NO ONE EVER HAVE NOR EVER WILL BE ABLE TO EARN!!!

If Revival Is Witheld


If revival is being withheld from us it is because some idol remains still enthroned; because we still insist in placing our reliance in human schemes; because we still refuse to face the unchangeable truth that, “It is not by might, but by My Spirit.”

Jonathan Goforth (February 10, 1859 – October 8, 1936, Canadian Missionary to China)

Beklee julle!


Ons almal beklee onsself daagliks met “iets”… soos haat, woede, vrees, pyn, leuns, onsekerheid, liefde, vriendelikheid en bedagsaamheid ensovoorts.

Dit gebeur net te min dat dit goeie dinge is waarmee ons onsself beklee… Dalk begin jou dag waar jy beklee is met liefde en ontferming, maar dan gebeur iets wat jou dan ‘n ander baatjie laat aantrek… woede, vrees of haat!

Wat gaan jy vandag doen as jy sien dat jy alweer daardie vuil lelike ou baadjie aangetrek het?

Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is. En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar. Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
(Kolossense 3:12-17).

Hemel Vader vergewe my swakheid as ek oorweldig word met vandag en alles wat om my gebeur. Help my om die vuil lelike ou baadjie raak te sien en gee my die krag en vrymoedigheid om dit uit te trek en ‘n nuwe skoon baadjie van geregtigheid aan te trek.
Dankie Here Jesus vir U bloed, dood en opstanding wat dit vir my moontlik gemaak het!
AMEN!

Ek bid dat ons God


“Ek prys die Here. Hy het belowe om vir sy volk Israel ’n woonplek te gee, en Hy het dit gedoen. Hy het goeie dinge gesê toe Hy sy dienaar Moses gestuur het, en dit het gebeur. Ek bid dat ons God die Here by ons sal wees soos Hy by ons voorvaders was. Ek bid dat Hy nie sal weggaan van ons nie en dat Hy ons nie sal los nie. Ek bid dat Hy in ons harte sal werk sodat ons Hom graag sal wil dien en sodat ons sal lewe soos Hy wil hê en gehoorsaam sal wees aan al die wette wat Hy vir ons voorvaders gegee het” (1 Konings 8:56-58).

Bekragtig God dagliks


Dan sal ek na die altaar van God gaan, die God wat my bly maak.
Ek sal U prys met die lier, o God, my God.
Ek moenie so treurig en ontsteld wees nie, ek moet glo dat God my sal help, ja, ek sal weer ’n lied sing om Hom te prys.
Hy is naby, Hy sal my red, Hy is my God.
(Psalm 43:4, 5).

Julle moenie bekommerd wees nie. Julle moet ernstig bid tot God, julle moet vir Hom sê wat julle nodig het en julle moet vir Hom dankie sê daarvoor. Julle behoort aan Christus Jesus. Daarom sal God vir julle vrede gee, vrede wat baie beter is as enige iets waaraan mense kan dink, vrede wat die dinge beskerm wat julle dink.
Vriende, ek wil vir julle nog iets sê. Julle moet altyd dink aan die dinge wat waar is, wat mooi is, wat reg is, wat rein is, wat pragtig en goed is. Ja, julle moet dink aan alles wat mooi is, alles waarop ’n mens trots kan wees. Julle het geleer en gehoor en gesien hoe ek lewe. Julle moet dieselfde doen, dan sal God wat vrede gee, by julle wees.
(Filippense 4:6-9).

Bekragtig God se plan, weg, waarheid en lewe in jou, daagliks!!!!

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 139 other followers