Oproep tot ‘n tyd van vas en gebed!


Wanneer: Elke vier maande (April, Augustus en Desember)
Tydperk:Sewe (7), veertien (14) of een en twintig (21) dae
Tipe vas: ‘n Daniëls vas; normale eet-tye:

  • Kos: Groente/vrugte/neute/bone/water
  • (Koffie/tee is opsioneel)
  • Geen vleis of suiwel produkte nie

Waarvoor vas en bid ons?
Om die krag van gebed te “harnas”.
“Harnas” beteken om te bind; om op te koppel; om te beheer; om saam gejuk te word; om saam gebind te word.

Wanneer ons bid vra ons die Heilige Gees om langs ons in te kom, sodat ons onsself met Hom kan koppel.

En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
(Romeine 8:26-27).

Met Sy “dunamis” (dinamiese krag) kan ons die oorwinnings behaal in elke situasie wat ons in geloof voor staan.

Gebed bring “fellowship” met die Vader tot ‘n nuwe vlak van intimiteit in die gelowige se lewe en dit bring die gelowige in ‘n nuwe opwindende wandel met die Here. Louheid verdwyn en jou hart word weer brandend vir die Here en Sy Koninkryk. Open. 3:15-16.

Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.
(Openbaringe 3:15-16).

Voorgestelde gebeds-tye:

  • Oggende (5 min. tot 1 uur)
  • Middae (etenstye; 5 – 25 min.). Alleen of met jou personeel of enige personeellid.
  • Aande (5 min. tot 1 uur) Alleen of saam met jou familie.

En Petrus en Johannes het saam na die tempel opgegaan op die uur van die gebed, die negende uur.
(Handelinge 3:1).

NB! Niks is wetties nie – onthou gebed vloei uit verhouding uit.
Wees ingestel op die Heilige Gees om gedurig te kan bid.

…terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges
(Efesiërs 6:18).

Die krag van jou gebedslewe word bepaal deur:

  • Die wyse waarop jy tot die Here nader.
  • Jou aanvaarding van Sy Woord.
  • Jou toepassing van Sy Woord.

Toenadering:

  • In nederige afhanklikheid.
  • Met ‘n voorbereide hart wat eerlik en deursigtig voor die Here is.Met die hulp van die Heilige Gees moet jy areas van negatiwiteit, doodspraak, kritiek, aanstoot, bitterheid, onvergifnis, ens. identifiseer en bely.
  • Neem ‘n oomblik om die Here te dank vir Sy liefde en trou; dankbaarheid begin met die wete dat jy aan Hom behoort. Dankbaarheid en lof gaan hand aan hand en daaruit vloei aanbidding (worship: worth-ship).
  • Nou is die grond van jou hart oop vir inspraak en gebed.

NB! Jou vlees en jou denke gaan jou ‘n harde tyd gee, maar onthou dat dit in Sy krag is wat ons oorwin.

Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die HERE aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.
(Sagaria 4:6).

Onthou ons bid vir:
“Insig van die tye” om te weet wat ons/jy moet doen, soos Israel.

…met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat Israel moes doen…
(1 Kronieke 12:32).

Die Here is en bly die “Goeie en Getroue Herder” en Hy wil ons deur die “donker tye” lei en al is dit nag om ons, is daar in die Here ‘n plek van beskerming en voorsiening.

Voorgestelde areas van gebed:

  • Die finansiële situasie in jou persoonlike lewe, in Suid-Afrika en in die wêreld. Hierdie drie is aan mekaar gekoppel (onthou jou finansiële situasie en verpligtinge is ook aan die land se finansiële situasie gekoppel).
  • Die politieke situasie in Suid Afrika.
  • Werkloosheid.
  • Zimbabwe.
  • Die Israeli en Palestynse konflik.
  • Kriminele en terroriste aktiwiteite.
  • Die redding van siele en die vestiging van ‘n omgee-sel en dissipelskapgroepe. Jy groei as jy uitgee.

NB! Die Here se vraag aan ons is baie eenvoudig:

KAN ‘n NASIE NA DIE HERE TERUGKEER?

As jy “JA” sê, dan moet jy die Here vra wat jou aandeel gaan wees.

Geliefdes in die Here! Saam sien ons uit na ‘n baie vrugbare tyd met wonderlike deurbrake op elke moontlike gebied gedurende hierdie jaar.

Hou ‘n daaglikse dagboek van wat jy van die Here hoor en ervaar en leef dan in die seën daarvan.

Kom deel gerus met ons dit wat jy van die Here ontvang het.

About these ads

6 Responses

  1. Jammer ek sien nou eers van die vas. Ek vas elke woensdag. Daarmee belei ek dat ek van God afhanklik is en nie van kos nie. Dis is ook vir my dan ‘n dag van gebed: spesifief vir my man, 5 kinders en 2 kleinkinders. Ek sal beslis lmeer op jou blog lees. Is tans besig met Bybelskoolkursus oor Jeremia en het juis vir bybelkommentare gesoek en toe hier uitgekom. Het nou eers die eerste 8 boeke van Jeremia gedoen. Ongelooflik. Verlede jaar het ek en my man ‘n oorsig kursus van die hele Bybel gedoen. Wat ‘n blessing!!! Vrede vir jou!

  2. Dankie Lettie,

    Ja, Jeremia is ‘n wonderlike boek. Die liefde en passie wat God vir die mens het word oor en oor herhaal deur die hele boek. Dit is wonderlik om te sien hoe Hy hulle keer op keer terug roep na Hom toe. God sê ook aan die mens wat die rede is hoekom Hy hulle by Hom wil hê. Hy herhaal dit ‘n paar keer dat dit oor vrede en vreugde gaan – dien mense kan slegs volkome vrede en vreugde beleef by God. Daarom kon Jesus ook sê “kom na my toe… en ek sal jou rus gee”, want ware rus is waar ons, God se kinders, by Sy voete kan sit…

    Vrede,
    Thomas Dreyer

  3. Het julle gehoor Radio Kansel 657 AMhet nou in die Wes-Kaap ‘n nuwe Christen radio stasie onder die naam Kaapsekansel 729 AM? Is dit nie wonderlik om te hoor dat hulle terug is op die Wes-Kaap se luggolwe nie? As ‘n getroue ondersteuner van Radio Kansel wil ek baie graag dankie sê vir almal vir hulle gebid het vir die sender in die Wes-Kaap. Alle eer kom toe aan God vir hierdie wonderlike nuwe Christen radio stasie. Nou hoop ek dat Kaapse Kansel die Oos-Kaap, die Noord-Kaap en die Suid-Kaap gaan bereik.

  4. Om meer inligting oor hierdie nuwe stasie te sien gaan maak gerus ‘n draai op http://www.kaapsekansel.co.za of in Engels by http://www.capepulpit.co.za.

  5. Ek hou nou duim vas dat Kaapse Kansel 729 AM een van die dae ook aanlyn en op DSTV gaan uitsaai

  6. Kaapse Kansel 729 AM se webtuiste is uiteindelik klaar. Alle eer kom toe aan ons hemelse Vader vir ‘n wonderlike nuwe Christen radio stasie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 166 other followers

%d bloggers like this: