Kerk vs. Lewe

Ek reageer net op die belewenis van gister middag. Ons het by Bughatti’s (op die hoek van Rossouw en Simon Vermooten) gaan melkskommes drink. Dit was net so na 4 gewees. Daar was ‘n man en vrou wat kitaar gespeel het – nogals baie goed gewees. Volgende oomblik is daar ‘n man wat almal se aandag vra en hy begin preek…

Ons het al ‘n paar keer gesels oor die kerk en die werking, dinamika, aksie of aktiwiteit van die kerk om die alledaagse lewe te beïnvloed en te verander met die lig, liefde, woord en werklikheid van God. Dit is vir my jammer dat so baie kerke ook nie hierdie stap korrek geneem kry nie. Hul bereik net nie die mense wat nie kerklik betrokke is nie…

Die volgende argument (Stagnasie van die Kerk – wie se skuld is dit!) is vir my baie goed om lig te werp op ‘n gedeelte van hierdie probleem. Dienswerk is nie diens in die kerk nie, maar buite die kerk:

En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
(Ephesians 4:11-13).

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

Gravatar
WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.