ALLE VOLKE, KLAP JULLE HANDE

Braam Hanekom 1993

Alle volke, klap julle hande –
juig tot eer van God.
Verhoog julle stem en roem Sy Naam
in elke stad op aarde

Koor
Sing en sing en sing dan saam;
loof en prys Sy grote Naam,
want Hy is ewig Koning
in die Hemel en op aarde!
Sing en sing en sing dan saam;
loof en prys Sy grote Naam,
want die Hemelkoning
skenk ons Sy genade!

Hy is ewig Koning
in die hemel en op aarde!
Die volke kniel, dien nasies huig
oor al Sy skeppings dade.

Koor

Ons gaan in Sy woning in,
Hy roep ons almal saam!;
die skare juig en horings blaas,
ons almal roem Sy naam.

Koor

7 Responses

  1. Kan iemand my asb help met die kitaar drukke van “Alle volke, klap met die hande”

    Baie dankie

  2. kitaar drukke: Em, D, G

  3. Cool, dankie ek het gesoek na hierdie liedjie :)

    Terloops daar is ‘n C ook in die koor deel:

    D
    “Loof en prys Sy grote Naam want”
    C D
    “Hy is ewig” “Koning”…

  4. ugh die spasies het nie gewerk nie… die D is by “Koning”

  5. martin net sodat jy weet alle volke klap met die hande speel in 3/4 tyding

  6. Het iemand ‘n engelse weergawe van hierdie liedjie? Ons bly in die UK en wil dit graag vir die jeug leer… Da hoef ek nie self ‘n vertaling wat werk uit te dink nie…

  7. Hi, daar almal!!! Het iemand dalk vir my ‘n musiekstuk “van alle volke klap jul hande” wat in ‘n ander sleutel geskryf is as G-Majeur? G-Majeur speel vir my ‘n bietjie moeilik…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

Gravatar
WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.