Oproep tot ‘n tyd van vas en gebed!

Tydperk: 21 dae
Tipe vas: ‘n Daniëls vas; normale eet-tye:

  • Kos: Groente/vrugte/neute/bone/water
  • (Koffie/tee is opsioneel)
  • Geen vleis of suiwel produkte nie.

Waarvoor vas en bid ons?
Om die krag van gebed te “harnas”.
“Harnas” beteken om te bind; om op te koppel; om te beheer; om saam gejuk te word; om saam gebind te word.

Wanneer ons bid vra ons die Heilige Gees om langs ons in te kom, sodat ons onsself met Hom kan koppel. Rom. 8:26-27. Met Sy “dunamis” (dinamiese krag) kan ons die oorwinnings behaal in elke situasie wat ons in geloof voor staan.

Gebed bring “fellowship” met die Vader tot ‘n nuwe vlak van intimiteit in die gelowige se lewe en dit bring die gelowige in ‘n nuwe opwindende wandel met die Here. Louheid verdwyn en jou hart word weer brandend vir die Here en Sy Koninkryk. Open. 3:15-16.

Voorgestelde gebeds-tye:

  • Oggende (al is dit net vir 5 min.; indien moontlik 1 uur) Hand. 3:1
  • Middae (etenstye; 5 – 25 min.). Alleen of met jou personeel of enige personeellid.
  • Aande (5 min. – 1 uur) Alleen of saam met jou familie.

NB! Niks is wetties nie – onthou gebed vloei uit verhouding uit.
Wees ingestel op die Heilige Gees om gedurig te kan bid. Ef. 6:18

Die krag van jou gebedslewe word bepaal deur:

  • Die wyse waarop jy tot die Here nader.
  • Jou aanvaarding van Sy Woord.
  • Jou toepassing van Sy Woord.

Toenadering:

  • In nederige afhanklikheid.
  • Met ‘n voorbereide hart wat eerlik en deursigtig voor die Here is.Met die hulp van die Heilige Gees moet jy areas van negatiwiteit, doodspraak, kritiek, aanstoot, bitterheid, onvergifnis, ens. identifiseer en bely.
  • Neem ‘n oomblik om die Here te dank vir Sy liefde en trou; dankbaarheid begin met die wete dat jy aan Hom behoort. Dankbaarheid en lof gaan hand aan hand en daaruit vloei aanbidding (worship: worth-ship).
  • Nou is die grond van jou hart oop vir inspraak en gebed.

NB! Jou vlees en jou denke gaan jou ‘n harde tyd gee, maar onthou dat dit in Sy krag is wat ons oorwin. Sag. 4:6

Onthou ons bid vir:
“Insig van die tye” om te weet wat ons/jy moet doen, soos Israel.
1 Kron. 12:32.

Die Here is en bly die “Goeie en Getroue Herder” en Hy wil ons deur die “donker tye” lei en al is dit nag om ons, is daar in die Here ‘n plek van beskerming en voorsiening.

Voorgestelde areas van gebed:

  • Die finansiële situasie in Suid-Afrika en in die wêreld. Die twee is aan mekaar gekoppel (onthou jou finansiële situasie en verpligtinge is ook aan die land se finansiële situasie gekoppel).
  • Die politieke situasie in Suid Afrika.
  • Werkloosheid.
  • Zimbabwe.
  • Die Israeli en Palestynse konflik.
  • Kriminele en terroriste aktiwiteite.
  • Die redding van siele en die vestiging van ‘n omgee-sel en dissipelskapgroepe. Jy groei as jy uitgee.

NB! Die Here se vraag aan ons is baie eenvoudig:

KAN ‘n NASIE NA DIE HERE TERUGKEER?

As jy “JA” sê, dan moet jy die Here vra wat jou aandeel gaan wees.

Geliefdes in die Here! Saam sien ons uit na ‘n baie vrugbare tyd met wonderlike deurbrake op elke moontlike gebied in 2009.

Hou ‘n daaglikse dagboek van wat jy van die Here hoor en ervaar en leef dan in die seën daarvan.

Kom deel gerus met ons dit wat jy van die Here ontvang het.

2 Responses

  1. Jammer ek sien nou eers van die vas. Ek vas elke woensdag. Daarmee belei ek dat ek van God afhanklik is en nie van kos nie. Dis is ook vir my dan ‘n dag van gebed: spesifief vir my man, 5 kinders en 2 kleinkinders. Ek sal beslis lmeer op jou blog lees. Is tans besig met Bybelskoolkursus oor Jeremia en het juis vir bybelkommentare gesoek en toe hier uitgekom. Het nou eers die eerste 8 boeke van Jeremia gedoen. Ongelooflik. Verlede jaar het ek en my man ‘n oorsig kursus van die hele Bybel gedoen. Wat ‘n blessing!!! Vrede vir jou!

  2. Dankie Lettie,

    Ja, Jeremia is ‘n wonderlike boek. Die liefde en passie wat God vir die mens het word oor en oor herhaal deur die hele boek. Dit is wonderlik om te sien hoe Hy hulle keer op keer terug roep na Hom toe. God sê ook aan die mens wat die rede is hoekom Hy hulle by Hom wil hê. Hy herhaal dit ‘n paar keer dat dit oor vrede en vreugde gaan – dien mense kan slegs volkome vrede en vreugde beleef by God. Daarom kon Jesus ook sê “kom na my toe… en ek sal jou rus gee”, want ware rus is waar ons, God se kinders, by Sy voete kan sit…

    Vrede,
    Thomas Dreyer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

Gravatar
WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.