Bybel op jou Rekenaar en Selfoon

Bladsy opgedateer 2 Februarie 2012

BYBEL OP JOU REKENAAR

Daar is baie inligting oor die Bybel op die internet beskikbaar en jy kan die Bybel op jou eie rekenaar aflaai – gaan na E-sword en laai eers die program af en dan die Bybel vertalings wat jy soek. Vanaf E-Sword 9.7 kan Bybles, Woordeboeke, Kommentare ens. vanuit E-sword self afgelaai en installeer word, kliek net op ‘download’ in die boonste menu. Dus benodig jy eers net die e-sword program. Daar is verskillende vertalings in ‘n hele paar tale beskikbaar – ook Die Ou Afrikaanse vertaling (AOV)… Daar is ook ander dinge om af te laai, soos Woordeboeke, Kommentare ens. Laai dus af wat jy benodig…

BibleTime is vir die van julle wat op Linux werk. Daar is ook baie goed om af te laai soos Bybels, Boeke, Kommentare ens. in Afrikaans, Zulu, Engels en ander tale.

BibleTime is ook in die “Ubuntu Software Center” beskikbaar

E-sword kan ook redelik goed op Linux werk met ‘n bietjie moeite. Volg hierdie stappe om e-sword op Ubuntu te installeer:

  • Installeer “Wine” (wat ook in die “Ubuntu Software Center” beskikbaar is).
  • Installeer “cabextract” (sudo apt-get install cabextract) in Terminal
  • Laai E-sword 10.0.7 installeerder af
  • Hierdie installeerder is vir e-sword 10.0.7, as dit verouderd is sal dit nie e-sword aflaai en installeer nie. (Laat weet my as jy sukkel en ek sal dit opgradeer – hierdie is die nuutste een van 2012.02.02).
  • Hernoem die “e-sword_installer.odt” na “e-sword_installer.sh
    (Vervang dus “.odt” met “.sh”)
  • Maak terminal oop
  • Gaan na die downloads directory in terminal “cd /Downloads
  • Maak die installeerder oop “sudo bash e-sword-installer.sh
  • Kies eers net “e-sword main program”)
  • Kliek “Ok”
  • Ander Bybels, Woordeboeke en Konkordansies kan vanuit e-sword geïnstalleer word (maak e-sword oop en gaan na “Download” in die opsies menu).

‘n Ander manier om op Linux te installeer is om PlayOnLinux te gebruik. Dit kan jou help as die e-sword installeerder nie jou toelaat om ‘n “wineprefix” te skep nie.

  • Jy sal die PlayOnLinux program moet installeer en die e-sword setup.exe moet aflaai.
  • Nadat PlayOnLinux installeer is sal dit onder GAMES gevind word.
  • Maak dit oop en kliek op “Install”, kliek dan heel onder op “install a .pol package or an unsupported application”
  • Kies “Manual Install” en kliek “Next”
  • Kliek “forward/next”, kies “Install a program in a new prefix” kliek “forward/next”
  • Tik “e-sword” as die prefix naam, kliek “forward/next”
  • Kies “Assign wine version” en “Configure wine”, kliek “forward/next”
  • Kies “Wine version System”, kliek “forward/next” (Die wineprefix word geskep)
  • By “Wine Configuration” onder kies Windows XP, Kliek “Ok”
  • Kies die e-sword setup.exe as die execution file, kliek “forward/next”
  • Volg die e-sword setup instruksies
  • kliek “forward/next” as setup klaar is
  • Skep “shortcut links” waar jy wil en kliek “forward/next”

Ander inligting oor die Bybel kan ook by Blue letter Bible gevind word! (Nie in Afrikaans nie)

SELFOON BYBELS

Selfoon Bybels is ook beskikbaar in Afrikaans, Engels, Noord Sotho, Suid Sotho, Tswana, Xhosa en Zulu. Dit kan sommer vanaf jou foon afgelaai word by http://m.bibels.co.za.

Youversion het ‘n groot verskeidenheid Bybels in ‘n hele klomp tale soos Afrikaans, Engels, Noord Sotho, Suid Sotho, Tswana, Duits ens. beskikbaar. Die van julle met Android, Java, Palm OS, Blackberries en Apple iPhone / iPad kan sommer hier kliek. Hierdie is ‘n “Web gebaseerde” program en internet toegang word benodig… tog kan meeste van hierdie Bybels ook afgelaai word en op jou selfoon gestoor word. Sodra ‘n Bybel op die foon gestoor is kan die Bybel sonder internet toegang gebruik word. Hoe meer ek met hierdie program werk, hoe beter lyk dit vir my. En al die Bybels is verniet.

Afrikaans BibleReader 1983 kan ook afgelaai word, maar sal jou ongeveer R10.00 kos… Daar is ‘n hele klomp Bybels en ander boeke wat verniet afgelaai kan word.
Funksies soos “copy” en “Highlight” sukkel soms. Hierdie is tog ‘n baie goeie program en is beskikbaar vir die volgende platforms:

  • Android
  • BlackBerry (met kaart)
  • iPad
  • iPhone
  • Palm OS 5.x
  • Symbian Series 60 v1
  • Symbian Series 60 v2
  • Symbian Series 60 v3
  • Symbian Series 60 v5
  • Symbian Series 80 v2
  • Symbian UIQ 2.x
  • Symbian UIQ 3.x
  • Windows Mobile Professional/Pocket PC
  • Windows Mobile Standard/Smartphone

Ander webbladsye waar selfoon-Bybels ook afgelaai kan word is:

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

Gravatar
WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.