Waar sal my hulp vandaan kom


Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het, wat trou bly tot in ewigheid; Ons Herder; ons Maker en Formeerder; ons Bewaarder wat nooit sluimer of slaap nie en wat nooit laat vaar die werke van Sy hande nie !!!

Hierdie gebed is ‘n samestelling van die volgende verse:

Want so sê die Here HERE: Kyk, hier is Ek, en Ek sal na my skape vra en vir hulle sorg. Soos ‘n herder vir sy trop skape sorg op die dag as hy onder sy verspreide skape is, so sal Ek vir my skape sorg; en Ek sal hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is, op die dag van wolke en donkerheid. En Ek sal hulle uitlei uit die volke en versamel uit die lande en hulle bring in hul land; en Ek sal hulle laat wei op die berge van Israel, in die klowe en in al die bewoonbare plekke van die land. Op ‘n goeie weiveld sal Ek hulle laat wei, en op die hoë berge van Israel sal hulle weiplek wees. Daar sal hulle lê op ‘n goeie plek en wei in ‘n geil weiveld op die berge van Israel. Ek self sal my skape oppas, en Ek self sal hulle laat lê en rus, spreek die Here HERE. Die wat verlore is, sal Ek soek, en wat weggedryf is, sal Ek terugbring, en wat gewond is, sal Ek verbind, en die siekes sal Ek versterk; maar die vettes en die sterkes sal Ek verdelg: Ek sal hulle oppas soos dit reg is.
(Esegiël 34:11-16)

Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. Maar die huurling en hy wat nie ‘n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar. En die huurling vlug, omdat hy ‘n huurling is en niks vir die skape omgee nie. Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.
(Johannes 10:11-14)

Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.
(Jesaja 54:5)

Maar nou, HERE, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.
(Jesaja 64:8)

‘n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie. Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand. Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie. Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.
(Psalms 121:1-8)

Die HERE sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, HERE, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie!
(Psalms 138:8)

Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want die HERE sal vir jou wees ‘n ewige lig, en die dae van jou treurigheid is verby. En jou volk sal almal regverdiges wees, vir ewig sal hulle die land besit—as lote deur My geplant, ‘n werk van my hande, tot my verheerliking.
(Jesaja 60:20-21)

About these ads

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 139 other followers

%d bloggers like this: