HOE OM WAARLIK MENSLIK TE WEES

Paulus skryf in Filippense 2:7 dat Jesus aan die mens gelykvormig geword het. Hy wat God was het Sy menslikheid aangegryp sodat Hy die volkome en ware voorbeeld vir ons kan wees. Dit was ook die enigste manier om God en die mens te versoen – want sonde moes eers oorwin word en die mens moes ‘n kans kry om weer nuut te word in Hom.

Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wȇreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen. Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
(2 Korinthiërs 5:17-21.)

Eers het Jesus gelykvormig geword aan die mens en daardeur het Sy lewe en dood op aarde vir ons ‘n deur oopgemaak waardeur ons nou gelykvormig kan word aan Hom. Hy is tog die weg, die waarheid en die lewe, maar is ons op hierdie weg?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

Gravatar
WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.